
SPOLIER ALERT: Ek lewer kommentaar oor die 2008 fliek “Sex and the City” in hierdie blogpost, en noem ook ‘n paar plot-verwante aspekte. Moenie by my kom huil as ek vir jou die einde weggegee het nie.
Ek het gisteraand heel perongeluk beland in ‘n Cine6 vertoning van Sex and the City. Wat ‘n verassing (die fliek self, nie hoe ek daar beland het nie!). Ek het nie veel anders as ‘n paar akward moenie saam met jou ouers of vriendinne kyk scenes verwag nie. Die teendeel was toe juis waar - die fliek is belaai met dramatiese insigte en eintlik net liggies gestrooi met sex.
Die teks verras angenaam, en gee die kyker opreg die geleentheid om goed te voel oor sy eie vermoe om deurlopende tema’s raak te sien en die karakters uit te vang met versteekte ironie. Op oogopslag is die fliek dus lekker en vermaaklik, en voel beslis nie soos lank as wat dit is nie. Let wel : ek het nooit die HBO reeks gekyk nie (dit klink my dat getroue SATC kykers die teendeel ervaar het.)
Om die storie so ligweg op te som: die storie gaan oor Carrie Bradshaw (SJP), wat ‘n troue reel en beplan met haar “Manfriend”, oor Samantha wat vasgevang is in ‘n langtermyn verhouding, oor Miranda wat uitvind dat haar man seks gehad het met ‘n ander vrou, en oor Charlotte wat uiteindelik swanger raak en dan ook vir Rose in die lewe bring.
Die fliek klop aan by tema’s van vergifnis, versoening, oud-word, en identiteit.
Ek vermoed egter dat ek ‘n effense omstrede kyk op die plot mag he…Sien, een van die groot gebeurtenisse in die fliek, is waar Mr Big (Carrie se man) huiwerig raak oor die huwelik en in ‘n oomblik soortvan nie opdaag by die troue nie. Whoops. Oomblike later (en nog betyds vir die troue) besef hy sy fout en keer hy terug. Op pad terug na die venue toe kry hy vir Carrie en probeer hy homself reunite met haar, en sy reageer hierop deur hom te slaan en te verwerp - sy het nou seergekry en hy het haar hart nou ewig gebreek. Dis presies op hierdie punt waar ek dink “WAT?!”. Wat besiel die simpel vrou?
En dis waar die titel dan nou ook sin maak. Sien, Carrie is daargaans so bang dat haar hart gebreek sal word en dat die huwelik hulle verhouding sal vertroebel, dat sy daagliks moet worstel met metaforiese “koue voete”. Uiteindelik consume haar insecurity haar so dat sy die oomblik wat hy nie by die troue is nie heeltemal vries en dadelik haar hart toe maak. Sy het so gewag vir die verhouding/troue om te faal dat dit makliker is om op te gee die oomblik wat dit lyk asof daar moeilikheid is, as om die risiko te vat en te glo in die gevoelens wat sy vir hom gehad het. Eensklaps word hulle verhouding uitgewis in haar hart, en sy vertrou haar kop om haar te keer om weer seer te kry. Die ironie is juis dat as sy haar kop vroeer gebruik het sy nooit seer sou kry nie en die troue aan kon gaan.
Tyd verloop en Carrie herstel weer haar lewe sonder die sondige Mr Big, totdat hulle eventually weer bymekaar kom en alles mooi eindig. Ek is egter bietjie gepla met die manier hoe die spotlight op hom en die vergifnis wat hy kort deurgaans is, terwyl ek voel dat albei karakters verantwoordelikheid vir die troue deel en dus ook ewe skuldig is.
Dieselfde geval speel af by Miranda en haar huwelik. Soortvan. Met die verloop van tyd word sy hierdie koue advokaat, wat twee borste daarvan weg is om ‘n bitter onaangename man te wees. Na ‘n lang periode sonder intimiteid gaan soek haar man dit by iemand anders, net om dit onmiddelik te regret en te praat met haar daaroor. Sy reageer in ‘n voorspelbare manier, en is heeltemal blind teenoor haar eie skuld. Die idee van wedersydse skuld word ligweg aangeraak deur die loop van die fliek, maar ook nooit op genoeg van ‘n eerlike manier dat die boodskap duidelik is nie.
Dit spyt my dat ons (ek?) so min weet van die twee se verhouding, maar dit wil vir my lyk asof dit oorstrek is met ironie. In ‘n latere toneel se sy moedeloos vir hom dat sy wie sy is verander het vir hom. Rerig? Dit wil voorkom asof sy duidelik verander het, maar ek dink dat niemand ooit wou he dat sy so moes verander nie.
Iets wat my ook opgeval het was die sterk mode-tema. Sien, ek hou daarvan om aan myself te dink as iemand wat darem soortvan op hoogte is met modes. Hierdie fliek het my voorwaar insecure gelaat daaroor - die modes is walglik en die kleredrag meestal verskriklik! Ek mag dalk net baie verward wees, maar een ding is verseker : ek is besig om oud te word :-).
Blogposts om na uit te sien :
For whom the Bellville tolls - ‘n blik op die MK documentary “Johnny en die Maaiers”, wat gaan oor afrikaanse kultuur en die geskiedenis van afrikaanse musiek.
Gevalle Helde - ‘n Van Coke Kartel gig laat my wonder oor die lewe van baie gig en professionele musikant wees. Ek wonder ook oor Koos Kombuis en sy onlangse live shows.
One Way Liefde - ‘n verhouding laat my dink oor die idee wat ons het oor ons verhouding met God en hoe dit dalk doomed is om nooit volwaardig gesond te wees nie.
Recent Comments