Simonstrein

18 07 2008

Ek is nou amper 21. Ek weier om die res van my lewe bang te wees.

Dis juis vanuit hierdie sentament wat ek en ‘n kosbare vriendin onlangs trein gery het. Sommer twee keer. Gister was loshande die beste - ons het opgeklim en Stad toe gery, en daarvanaf Simonstad toe gery. Dit was so ‘n cool dag en het my so gelukkig gemaak. Check gerus my facebook album vir meer foto’s.





Safe as Castles

7 07 2008

Ek het gister uiteindelik my eie D-SLR kamera gekoop. Ek het toe besluit om vandag ‘n besoek aan orms af te lê, en om sommer terwyl ek daar naby is by die ou kasteel ‘n draai te maak.

Ek het soos ‘n wafferse toeris gevoel met my hande wat stry teen die koue en kamera om die nek. Nogtans het ek voel-voel die kasteel deursoek en probeer om by elke deur wat wou oop in te gaan. Ek was egter nogsteeds teleurgesteld in die ou gebou en sy onvriendelike geel mure. Goeie foto’s was moeilik en baie van die deure nie baie verwelkomend nie.

Ek was dalk bietjie naïve om te verwag om met enige insiggewende foto’s weg te stap. Die kasteel herhinner aan ‘n getemde leeu met geskeerde maanhare wat met sy kop op sy voorpote lê en kyk na die netjiese sakemanne rondom hom.

Ek hou van die kontras in hierdie een foto – ek hou van die geel van die ou kasteel teenoor die grys en swart van die skyscrapers agter hom.





P.S. I feel moderately entertained

7 07 2008

SPOLIER ALERT: Ek lewer kommentaar oor die 2008 fliek “P.S. I Love you” in hierdie blogpost, en noem ook ‘n paar plot-verwante aspekte. Moenie by my kom huil as ek vir jou die einde weggegee het nie.

Nadat ek dit twee keer gaan uitneem het (en nie kon kyk nie – een keer omdat die rugby nog nie klaar was nie en een keer omdat Blondie dit klaar gekyk het), het ek uiteindelik gisteraand die 2008 fliek P.S. I Love You gekyk. Na weke van goeie kommentaar en baie gerapporteerde nat tissues (hartseer nat) het ek ‘n baie hoë verwagting gehad van hierdie film. Ewe hoog was my teleurstelling toe om ‘n gemiddelde romance te vind.

Die fliek vertel hoofsaaklik die verhaal van ‘n deurmekaar dametjie, Holly, gespeel deur Hillary Swank, en haar rouperiode na die vroee dood van haar geliefde man, Gerry. Ongelukkig ry die fliek op ‘n hele paar populêre-romantic comedy- branders: Gerry is ‘n Ier wat (Ja, jy’t reg geraai) ‘n sanger is en almal se vriend is. Verder sien ons weer ons ou vriend – die karakter met ‘n spraaksiekte wat hom allerhande goed laat kwyt raak. Inderdaad heel oulik. Die eerste keer toe ons dit gesien het.

Die fliek se enigste sterkpunt is die dialoog tussen Hillary en haar man. Die Ier se woorde is so mooi hy kan Victor Matfield laat huil, maar selfs hierdie gevlei-ery raak bietjie baie en jy wens later saam met die ma dat die briewe net sal stop.

Selfs meer kommerwekkend is die beeld wat die fliek uitstraal. Vergeet van tienerangs en cowboy-guns: in die storie hou Hillary vas aan haar verlore man, en leer nooit rerig om op haar eie klaar te kom nie. Dit wil voorkom asof die skrywers hierdie ongesonde rou-proses dan skielik wil regstel deur te wys hoe sy na ‘n jaar van brief-tot-brief lewe besef dat hy nie meer daar is nie en dat sy nou kan aanbeweeg. I don’t buy it.

Indien jy jou trane kan sluk en verder kan sien as Gerry se goed gekomponeerde vertroosting, loop jy jouself in ‘n muur van mediocrity vas. Die fliek slaag mooi daarin om ‘n moderne roman te wees, maar verdien in my oë nie om twee rye in die Vee’s Video vol te staan nie.





I love you but

4 07 2008

I think that very few women can truly handle being loved.





Sex and Insecurity

2 07 2008

SPOLIER ALERT: Ek lewer kommentaar oor die 2008 fliek “Sex and the City” in hierdie blogpost, en noem ook ‘n paar plot-verwante aspekte. Moenie by my kom huil as ek vir jou die einde weggegee het nie.

Ek het gisteraand heel perongeluk beland in ‘n Cine6 vertoning van Sex and the City. Wat ‘n verassing (die fliek self, nie hoe ek daar beland het nie!). Ek het nie veel anders as ‘n paar akward moenie saam met jou ouers of vriendinne kyk scenes verwag nie. Die teendeel was toe juis waar - die fliek is belaai met dramatiese insigte en eintlik net liggies gestrooi met sex.

Die teks verras angenaam, en gee die kyker opreg die geleentheid om goed te voel oor sy eie vermoe om deurlopende tema’s raak te sien en die karakters uit te vang met versteekte ironie. Op oogopslag is die fliek dus lekker en vermaaklik, en voel beslis nie soos lank as wat dit is nie. Let wel : ek het nooit die HBO reeks gekyk nie (dit klink my dat getroue SATC kykers die teendeel ervaar het.)

Om die storie so ligweg op te som: die storie gaan oor Carrie Bradshaw (SJP), wat ‘n troue reel en beplan met haar “Manfriend”, oor Samantha wat vasgevang is in ‘n langtermyn verhouding, oor Miranda wat uitvind dat haar man seks gehad het met ‘n ander vrou, en oor Charlotte wat uiteindelik swanger raak en dan ook vir Rose in die lewe bring.

Die fliek klop aan by tema’s van vergifnis, versoening, oud-word, en identiteit.

Ek vermoed egter dat ek ‘n effense omstrede kyk op die plot mag he…Sien, een van die groot gebeurtenisse in die fliek, is waar Mr Big (Carrie se man) huiwerig raak oor die huwelik en in ‘n oomblik soortvan nie opdaag by die troue nie. Whoops. Oomblike later (en nog betyds vir die troue) besef hy sy fout en keer hy terug. Op pad terug na die venue toe kry hy vir Carrie en probeer hy homself reunite met haar, en sy reageer hierop deur hom te slaan en te verwerp - sy het nou seergekry en hy het haar hart nou ewig gebreek. Dis presies op hierdie punt waar ek dink “WAT?!”. Wat besiel die simpel vrou?

En dis waar die titel dan nou ook sin maak. Sien, Carrie is daargaans so bang dat haar hart gebreek sal word en dat die huwelik hulle verhouding sal vertroebel, dat sy daagliks moet worstel met metaforiese “koue voete”. Uiteindelik consume haar insecurity haar so dat sy die oomblik wat hy nie by die troue is nie heeltemal vries en dadelik haar hart toe maak. Sy het so gewag vir die verhouding/troue om te faal dat dit makliker is om op te gee die oomblik wat dit lyk asof daar moeilikheid is, as om die risiko te vat en te glo in die gevoelens wat sy vir hom gehad het. Eensklaps word hulle verhouding uitgewis in haar hart, en sy vertrou haar kop om haar te keer om weer seer te kry. Die ironie is juis dat as sy haar kop vroeer gebruik het sy nooit seer sou kry nie en die troue aan kon gaan.

Tyd verloop en Carrie herstel weer haar lewe sonder die sondige Mr Big, totdat hulle eventually weer bymekaar kom en alles mooi eindig. Ek is egter bietjie gepla met die manier hoe die spotlight op hom en die vergifnis wat hy kort deurgaans is, terwyl ek voel dat albei karakters verantwoordelikheid vir die troue deel en dus ook ewe skuldig is.

Dieselfde geval speel af by Miranda en haar huwelik. Soortvan. Met die verloop van tyd word sy hierdie koue advokaat, wat twee borste daarvan weg is om ‘n bitter onaangename man te wees. Na ‘n lang periode sonder intimiteid gaan soek haar man dit by iemand anders, net om dit onmiddelik te regret en te praat met haar daaroor. Sy reageer in ‘n voorspelbare manier, en is heeltemal blind teenoor haar eie skuld. Die idee van wedersydse skuld word ligweg aangeraak deur die loop van die fliek, maar ook nooit op genoeg van ‘n eerlike manier dat die boodskap duidelik is nie.

Dit spyt my dat ons (ek?) so min weet van die twee se verhouding, maar dit wil vir my lyk asof dit oorstrek is met ironie. In ‘n latere toneel se sy moedeloos vir hom dat sy wie sy is verander het vir hom. Rerig? Dit wil voorkom asof sy duidelik verander het, maar ek dink dat niemand ooit wou he dat sy so moes verander nie.

Iets wat my ook opgeval het was die sterk mode-tema. Sien, ek hou daarvan om aan myself te dink as iemand wat darem soortvan op hoogte is met modes. Hierdie fliek het my voorwaar insecure gelaat daaroor - die modes is walglik en die kleredrag meestal verskriklik! Ek mag dalk net baie verward wees, maar een ding is verseker : ek is besig om oud te word :-).

Blogposts om na uit te sien :

For whom the Bellville tolls - ‘n blik op die MK documentary “Johnny en die Maaiers”, wat gaan oor afrikaanse kultuur en die geskiedenis van afrikaanse musiek.

Gevalle Helde - ‘n Van Coke Kartel gig laat my wonder oor die lewe van baie gig en professionele musikant wees. Ek wonder ook oor Koos Kombuis en sy onlangse live shows.

One Way Liefde - ‘n verhouding laat my dink oor die idee wat ons het oor ons verhouding met God en hoe dit dalk doomed is om nooit volwaardig gesond te wees nie.





I was about to…

25 06 2008

…but some things are better left unsaid.





aKing - Dutch Courage

23 06 2008

If one adds Hunter Kennedy and a good vocalist together, sorry Francios (van Coke), you necessarily end up with something that is bound to steal a SAMA or two. Yes, the band also includes your friendly neighbourhood bassist, whatshisname, and Snake, the drummer from Fokof-fame.

Their debut-album, Dutch Courage, was kicked off with the single “The Dance”. Mistake number one. Why the foursome ever recorded the song (nevermind used it as the posterchild for the CD) no one knows. When Hendre introduced me to the band using The Dance, it inspired me to promise myself never to give another listen to any Fokof-spinoff. Even the quality of the recording lacks behind, and leeches and the standard of the rest of the CD. Enough about the song.

After taking my break from the (at that stage) terrible band, and deleting The Dance from my playlist, I commenced to give the rest of the CD some play. After a few loops the break in “Decomposing Lullaby”, the driving force in “Holy Train”, the first two sentences in “I Believe” and the backing vocals in “Safe as Houses” drew my attention and helped the band reach a listing on my Top 25 Most Played playlist.

Now, 5 months later, the band lists as one of my favourites, and I reserve my aKing t-shirt for events that require an immediate hierarchy. It only came to my attention recently how much I have fallen in love with Dutch Courage. In fact, I can’t think of one reason why they shouldn’t be crowned the best band in the world. Yup, I said it. Their lyrics are awe-inspiring, the vocals are on par, diverse and fresh, and the guitaring suffices without even trying.

In my mind, they only made 3 mistakes:

  1. Making The Dance their first single.
  2. Their drummer stinks. I’ve been irritated by Snake since his Fokof-days, and back then I also saw him as one of Fokof’s only flaws. The guy really does look like an idiot. I’ll admit that his playing is quite good, but any band member that jeopardises the band as many times as Snake does (back in the day he jumped out of their tour-bussie, going on to break his arm and forcing them to train some new guy (just shows how quickly he can be replaced). Recently he stuck his hand into a blender (yup), injuring his hand and forcing aKing to do an unrehearsed acoustic gig) makes it tough for me to take him seriously. I suppose that he adds some sense of camaraderie to Hunter and the rest, but I really can’t get used to the guy.
  3. Their popularity makes it tough for me (and I’m sure many other anti-mainstream fans) to like them. Stupid, I know, but a heartache nonetheless.

My favourite song on the CD has to be Safe as Houses. Lyrics like “the silence knows how afraid we are of it”, “the rain will fall and baptise our strongholds, our sheltered lives”, and “our secrets like weeds creeps up to the roof” demand attention. The song is cleverly structured and the lyrics catchy. I love how the song mocks the sadness that the listener sees in it.

After seeing the band live (considered the true test of a band), I am only more convinced of this foursome’s supremacy. I can safely say that they might well be the best band in the country at the moment.





This is me trying

23 06 2008

Ek wil graag die volgende jaar van my lewe (Julie 2008 – Junie 2009) kenmerk deur ‘n fase wat nou al lank wag en huiwer: Ek wil begin om goed te review. My debut is deels aangejaag deur ‘n projek wat ek en Ryan wil aanpak (meer hieroor later), maar ook, meestal (FOTC FTW) deur ‘n subconscious gewoonte om my opinie oor goed te formuleer en te finaliseer asof iemand daarna sal luister. Dit is dan nou dat ek wil begin om dit meer formeel te doen: daaroor te blog, die mysterious projek saam met Ryan, en dalk ‘n review column iewers in ‘n lae-omvang koerant. Vir eers voel ek compelled om iets te sê oor ‘n band wat lankal ‘n plek op hierdie blog verdien : aKing.





So die titel is ‘n metafoor?

13 06 2008

Ondanks allerhande invloede en verskonings het ek dit onlangs reggekry om weer ‘n bietjie meer myself te wees. Ek kyk met spyt en trots na my Arpil to-do list wat ek in hierdie selfde stoel in hierdie selfde lonely internet cafe opgedroom het. Waar staan ek nou daarmee?

  • Flickr Account? CHECK
  • Fiks raak + begin gym? CHECK
  • Nuwe klere? Nooi my na jou dans toe en kyk vir jouself.
  • Geld spaar en kamera koop? Die kwartaal was duur en te besig om te werk.
  • Verhoudings uitsort? Ja wel, ek vorder…
  • Alet en Maryke? Nope, nog nie. Sug.
  • Merchandise was toe wel betyds (hiehie), en ek voel heel goed oor hoe dit verloop het.
  • Weereens was die kwartaal net te besig vir ‘n seksiehemp.
  • Ek sug nogsteeds as ek dink aan ‘n vergadering of ‘n rugbygame wat ek moet bywoon, maar dit ek is nou meer oop om die lesse daarin raak te sien.
  • Ek het vir so ruk minder gedink, en toe probeer om te dink en te werk, op dieselfde tyd. Dit het soortvan gewerk.
  • Ek kan nogsteeds nie mense bestuur nie.
  • Kobus? Kobus wie?

Ja wel. Dis dan nou hierdie kwartaal. Ek is baie bly dat ek nou teen die einde bietjie myself begin vind het weer. Ek oefen weer guitar en hou myself accountable. Ek probeer om te kommunikeer en dinge te verander waar ek kan. Ek is broke.

Danksy Mr Muller het ek ook nou begin om “The catcher in the Rye” te lees, maar dit stel my effe teleur op die oomblik. Ek lees nou nog net aan omdat ek vir hom beloof het ek sal, maar die styl van skryf (alhoewel baie geloofwaardig) vermoed ek mag my dalk net negatief beinvloed.

Sover voel ek nog gladnie geinspireer daardeur nie, en dit verveel my so klein biejtie. (dit is ook waarna hierdie blogpost se titel verwys) Ek hoop dat ek nog die waarde daarin sal sien en dat dit dalk iets sal word wat ek fondly na kan terugkyk.

Ek is nogsteeds jaloers op almal wat Namrock toe is.

En Durbanville huisves nogsteeds al my foute.





Kan dit wees?

31 03 2008

TIME Magazine 24 March 2008

Ek lees vanoggend so paar stukke in die nuutste TIME (tenminste in my wereld, ek sien dat daar al selfs ‘n uitgawe vir 7 April is!), en toe tref dit my : Is dit dalk rerig moontlik om die wereld te verander? Daardie super-naive, hoopvolle wereldsiening wat ek so maklik afskryf…mmm

Was sy dalk nog altyd reg?

Terloops, redelik significant dat Francois my bekoor terwyl ek hierdie skryf (”…jy kla oor die toestand van ons land, maar fokken doen iets daaromtrent…)